Resultate van die projek
- Tot dusver is daar een artikel geskryf vir die algemene publiek (nie-wetenskaplik) oor die geskiedenis van boere se konflik met roofdiere, en by name die rooijakkals (Jakkals en Wolf en ander ware verhale...).
- Die volledige PhD tesis is beskikbaar op die webwerf van die Universiteit van Stellenbosch: www.scholar.sun.ac.za.)
- Die eerste artikel om amptelik gepubliseer te word in die African Journal of Wildlife Research 55: 458–461 (2025), is ook beskikbaar op Academia.edu en ResearchGate. Dit gaan hoofsaaklik oor die effektiwiteit van konflik-verligtigingsmetodes wat boere in Namibië gebruik.
- Gedeeltelik gebaseer op data wat uit hierdie navorsingsprojek spruit, het ek bygedrae tot twee hoofstukke in die Conservation Status and Red List of the Terrestrial Carnivores of Namibia boek.
- Daar kan dalk nog hoofstukke gepubliseer word....