Hoe kan ek help?
Terugvoer Junie 2018: Die data-versamelingsfase van die projek is klaar (geen tyd of fondse meer nie) en daarom is daar geen onmiddelik behoefte aan toerusting nie. Ons sal egter graag die resultate met verskillende boereverenigings wil deel, so kontak ons asb. (verkieslik per e-pos) as u wil hê dat ons u boerevereniging sal besoek (vanaf September 2018). Ons is in die proses om the resultate op te skryf.
Eerstens, as u 'n boer is, vul asb. die vraelys in om te vertel van u roofdier-situasie en hoe u dit hanteer of laai die Cybertracker applikasie af en kontak my asb. As jy 'n student is wat sal belangstel om as volunteer te help met die projek oor vakansies, voel ook vry om my te kontak. As u dalk 'n besigheid of navorsingsinstansie is wat enige van die onderstaande projek-behoeftes kan borg, of 'n individu wat graag wil bydrae, kontak my asb. of maak 'n bydrae by Paypal. As jy dalk nie 'n spesifieke item kan koop vir die projek nie, maar wel een het wat jy kan leen aan die projek tot einde 2015, sal dit al steeds baie waardeer word.
Alhoewel spoorsny ons heelwat van die roofdiere se gedrag kan vertel kan slegs een dier op 'n slag per spoorsnyspan gevolg word. GPS halsbande sou ons in staat stel om meer as een roofdier tegelyk te volg. Hulle is egter so duur dat dit nie tans deel van die projek kan vorm nie (skuinsgedruk in die lys hieronder aangetoon). Die veldwerk fase van die projek is voorlopig verby terwyl ek die resultate tot dusver opskryf in 'n tesis. Hier is 'n lys van benodighede vir die voorstsetting van die projek en die geraamde koste daarvan:
Item | Aantal nodig | Eenheidskoste | Notas | |
Android GPS slimfoon (SamsungGalaxy Grand Neo I9060) | 3 | R4 000-00 | Vir spoorsny spanne om GPS data op Cybertracker program te stoor | |
Reconyx navorsingskameras | 30 | R6 709-00 | Vir identifikasie van individuele roofdiere | |
Tweedehandse 4X4 bakkie | 1 | R120 000-00 | Vervoer | |
GPS halsbande | 20 | R10 000-00 | Vyf elk vir rooijakkals, rooikat, luiperd en jagluiperd | |
Vangtoerusting | 1 | R 26 570-00 | 5 Telonics Strik senders, 5 rubber slagysters, VHF Telonics antenna en opvangtoestel | |
Diverse vangkostes | 1 | R 14 250-00 | Veeartskoste, vervoer, pylgeweer, medikasie |
Dankie aan die volgende instansies:
![]() | Universiteit van Stellenbosch | Wat die navorsing moontlik maak |
![]() | NRF | Befondsing van die Studiegeld, en basiese navosrsingskostes (Maandelikse uitgawes soos kos, brandstof, onderhoud ens.) |
![]() | CCF | Leen van 22 kameras en logistieke ondersteuning tydens aanvanklike kamera strik studie |
![]() | N/a'an ku sê | Gebruik van GPS luiperd en jagluiperd data |
Dankie aan die volgende kapipal ondersteuners:
- Mariska Bijsterbosch
- Robert Bradley
- Beatrice Marlic