Boere met roofdiere - Mens-roofdier konflik in Namibië


Doelwitte van die projek

Die uiteindelike doel van die navorsing was om 'n rekenaar-program (DSS - Decision Support System) te skryf wat boere en ander grond-eienaars kon help om in elkeen se unieke omstandighede die "beste" metode te bepaal om hulle vee teen roofdiere te beskerm. Die koste en effektiwiteit van elke metode is ondersoek, sowel as die voor- en nadele van elke metode vir die kort- en die langtermyn. As ons die ekologie, dieet-voorkeure en beweging van die roofdiere wat (soms) vee vang, beter verstaan, kan ons ook ons vee beter beskerm en die langtermyn volhoubaarheid van ons boerdery verseker. Beide luiperds en jagluiperds se langtermyn voortbestaan is waarskynlik in die hande van boere. Die roofdiere waarop hierdie projek konsentreer het, was die luiperd (Panthera pardus), jagluiperd (Acinonyx jubatus), rookat (Felis caracal) en rooijakkals (Canis mesomelas) wat in die verlede deur boere as die grootste probleemdiere geïdentifiseer is. Om hierdie doel te bereik, was daar 'n paar doelwitte:

Metodes

  • Chavoux Luyt
  • Sel: +27 (0)8279113849
  • E-pos: chavoux [by] gmail [punt] com
  • Posadres:
    Suite 4
    Privaatsak X1
    Melkbosstrand
    7437
    Suid-Afrika;

Namibiese luiperd