Boere met roofdiere - Mens-roofdier konflik in Namibië


Verskille tussen die twee "Boere met Roofdiere" applikasies

Daar is 2 applikasies beskikbaar vir installasie, RoofdierBestuur.MDB and Boerdery.MDB. Die twee is baie dieselfde, met die volgende verskille:

Oor die algemeen is ons aanbeveling dat u RoofdierBestuur sal gebruik. Dit is eenvoudiger, en beter geskik vir 'n slimfoon. As u egter min roofdiere of probleme met roofdiere het en u selfoon wil gebruik om maandelikse inkomste en uitgawes by te hou, of as u meer as een plaas het wat u apart wil bestuur, kan Boerdery die beter opsie wees.

Hoe om RoofdierBestuur te gebruik

Daar is 4 basiese aspekte aan die CyberTracker program (en ook RoofdierBestuur):

Een aspek wat belangrik is om in gedagte te hou is dat sodra data na die rekenaar toe afgelaai is, word dit op die CyberTracker toestel uitgevee. M.a.w. as u notas ens. in CyberTracker gestoor het, sal dit "verdwyn" op die foon sodra u dit na die rekenaar toe afgelaai het. Dit sal egter altyd op die rekenaar bly tot u dit self daar uitvee. Om hierdie rede is dit nie die beste program om notas te neem wat op die foon moet bly nie. Dit het egter die voordeel dat elke lesing wat gestoor word, ook met 'n GPS posisie gestoor word (en dus later op die rekenaar op 'n kaart gesien kan word as u foon 'n GPS toestel het). Vir enige nota waar die posisie dus belangrik is, is CyberTracker uitnemend geskik. Ook vir fotos waaroor u ekstra opmerkings wil maak en die GPS posisie daarvan stoor).

1. CyberTracker en RoofdierBestuur op die Android / Windows Mobile toestel

Voordat u CyberTracker loop op u toestel, is dit belangrik om seker te maak dat die GPS aangesit is op u foon. Op Android, gaan na Settings, Location Access, en maak seker dit is aan en dat minstens die "Device only" opsie gekies is (as u goeie selfoon-opvangs het, kan u ook die "High accuracy" opsie kies). Vind die CyberTracker ikoon (CyberTracker logo) op u slimfoon en kliek daarop om CyberTracker te begin. Afhangende van wat u voorheen gedoen het, sal u óf 'n lys van applikasies sien (by verstek slegs een, genoem Boerdery) óf reeds outomaties êrens in die RoofdierBestuur applikasie wees.

CT eerste skermDie eerste skerm van die RoofdierBestuur applikasie lyk soos die beeld hier links (Kliek daarop om groter beeld te sien). Daar is my kontakbesonderhede vir as u op enige stadium vashaak of iets wil vra. Om op enige stadium met die program voort te gaan na die volgende skerm, druk die regs pyltjie (Right arrow). As bo-oor opsionele skerms wil spring, druk die dubbele regs pyltjie (Double right arrow). As u op enige stadium vorige data wil bekyk, druk op die ronde kol (Circle). Dit is ook hoe u data direk vanaf die slimfoon kan kan stuur na die sentrale databasis (sien die derde punt van die verskil tussen die 2 applikasies hierbo).

CT tweede skermDie volgende skerm is u unieke nommer wat gebruik kan word om boere wat anoniem data wil verskaf uitmekaar te ken. U kan my bel of 'n e-pos stuur om u unieke nommer te kry (kontakbesonderhede op eerste skerm).

CT Dag Begin skermDie begin van die dag skerm. As u die heel eerste keer RoofdierBestuur loop, vra ons dat u die Plaasinligting en daarna (opsioneel) die "Wie is jy?" inligting inlees. Een keer 'n maand (maandeinde) kan u die Maandelikse roofdierkostes en Maandelikse veegetalle inlees. Dit kan egter ook op die rekenaar gedoen word, wat gewoonlik makliker is. Die "Beplanning" skerm is nog nie veel werd nie, maar kan gebruik word om notas te maak van dinge om te doen. Alles word egter uitgevee wanneer die data na die rekenaar toe afgelaai is. Die keuse wat u meestal sal gebruik van dag tot dag, is die Daaglikse bestuur opsie.

CT Plaasnaam skermCT Plaasnaam intikAs u die plaasinligting begin inlees, is die eerste skerm waar die plaasnaam ingelees kan word. As u u data anoniem wil hou, kan u oor hierdie skerm spring deur die dubbele regs pyltjie (Double right arrow) te druk. Oor die algemeen word 'n opsionele skerm aangedui deur 'n swart skerm i.p.v. wit. As u wel u plaas se naam wil inlees, tik net op die "tap to edit", tik die plaasnaam in (sien regs), druk dan op die OK regs bo en dan op die gewone regs pyltjie (Right arrow) om voort te gaan.

CT PlaasNo skermDie tweede opsionele skerm is waar u die plaas se nommer kan inlees.

CT Plaas Grootte skermDie volgende skerm is een wat verpligtend is om in te vul, nl. die plaas se grootte in hektaar (ha).

CT Plaas Distrik skermDie distrik waarin die plaas geleë is, is ook verpligtend.

CT Plaas Streek skermDie streek of provinsie waarin die plaas geleë is, kan weereens oorgeslaan word.

CT Plaas kampe skermDie hoeveelheid kampe op die plaas is weereens verpligte inligting.

CT Plaas Heinings skermDie tipe omheinings op die plaas is volgende. Let op dat u meer as een kan kies as u verskillende heinings om verskillende kampe het.

CT Plaas Waters skermDie permanente waterpunte op die plaas is volgende. Hiermee word plekke bedoel waar vee en wild kan suip, eerder as boorgate (m.a.w. as 'n enkele boorgat 3 damme met krippe van water voorsien, is dit 3 waterpunte). U sal nou ook die afpyltjie (Down arrow) sien wat gebruik word om data te stoor en 'n GPS lesing te neem. Dit is belangril om te onthou dat niks gestoor is voordat u hierdie pyltjie gedruk het nie. Voordat u hierdie afpyltjie druk, kan u nog altyd terug gaan na 'n vorige skerm om data te verander deur die links pyltjie (Left arrow) te druk. CT GPS skerm Sodra u die afpyltjie gedruk het, sal die GPS skerm verskyn (sien links). Indien u foon nie 'n GPS het nie, of as u binneshuis is en nie 'n GPS lesing kan neem nie, kan u op "Skip GPS" druk om die data te stoor sonder om 'n GPS lesing te neem. As die data eers gestoor is (met of sonder 'n GPS punt), kan dit nie meer maklik op die foon verander word nie. Die applikasie behoort vanself na die Dag Begin skerm terug te gaan sodra die GPS lesing geneem is en die data gestoor is. Wees geduldig, soms neem dit 'n paar minute om die eerste GPS lesing te neem.

CT kamp kieslysAs u die plaasinligting en (opsioneel) u persoonlike inligting ingelees het (u hoef dit slegs een maal te doen), kan u die Daaglikse bestuur opsie kies. Die eerste skerm wat dan altyd sal kom, is die kamp waarin die aktiwiteit plaasvind (dit kan altyd verander word, so dit maak nie soveel saak wat u kies nie). Dit behoort die lys van kampe wat u tydens installasie ingelees het, te vertoon as opsies.

CT aktiwiteit skermDie daaglikse aktiwiteite wat u kan stoor sluit in:CT aktitwiteit skerm

2. Hoe om data vanaf die foon na u rekenaar af te laai

Hierdie proses is eintlik baie maklik as u reeds CyberTracker na u foon toe geïnstalleer het.

3. Hoe om data op u rekenaar te gebruik

Om met die data te werk, maak seker dat onder die File kieslys die "Reports" opsie gekies is. Dan kliek u op "Export View" en kies "Microsoft Excel Spreadsheet" om dit as 'n spreiblad te stoor. As u graag die fotos ook apart beskikbaar wil hê as .jpg lêers, kies dan "Comma Separated Values" onder die "Export View" opsie. Dit kan ook in Excel oopgemaak word, maar sal dan skakels na die fotos insluit. Die fotos word gewoonlik onder My Documents\CyberTracker\ExportMedia\ gestoor. Hierna kan u in Excel soos gewoonlik kolomme verander ens. soos wat u ook al die data wil hê. Let wel dat die "File->Export to CTX file" net bedoel is om data te stoor wat in CyberTracker self gebruik moet word.

Om 'n kaart te sien van die data wat u sover het op CyberTracker, kies "Map1" heel regs op die tweede rytjie van bo. Om weer die data in 'n tabel formaat te sien, kies weer heel regs "Query Editor" i.p.v. "Map1".CT Kaart

Een baie belangrike opsie is dat u ook data op die rekenaar self kan byvoeg i.p.v. op die selfoon. Hiervoor moet u ook seker maak dat die "Reports" opsie gekies is. Dan kliek u op "New Sightings", derde van links. Dit maak dan 'n venster oop wat dieselfde lyk as die CyberTracker Roofdierbesruur op die foon.CT Nuwe data U volg dan dieselfde stappies soos op die foon (maar dit sal gewoonlik nie GPS lesings ook neem nie). Dit is bedoel om te gebruik vir die Maandelikse roofdierkostes en die maandelikse veegetalle en kan bietjie makliker op die rekenaar gedoen word as op 'n selfoon. CT Roofdierkostes Wanneer u die kostes ingelees het, sal daar die skerm wees vir opmerkings en dan die afpyltjie (Af pyl) om die data te stoor. Omdat die rekenaar gewoonlik nie 'n GPS het nie, kliek dan net elk keer op "Skip GPS". CT Roofdierkostes Sodra die maandelikse roofdier-beheer kostes ingelees is, moet die data gestuur word na die sentrale FTP bediener. Dit word gedoen deur op die ronde kol (Circle) te kliek en dan op "Send data": ...CT Roofdierkostes terwyl die rekenaar aan die internet gekoppel is.

4. Hoe om die RoofdierBestuur program op die rekenaar te verander en die verandering weer op die mobiele toetstel / slimfoon te plaas.

Die enigste verandering wat u dalk gereeld aan die program sal wil aanbring, is om die gebruikerslyste op te dateer (veral die oorplaatjies). As u kyk na die vorige bladsy, sal u sien hoe om dit op die rekenaar te verander. Wat u egter nou wil doen, is om hierdie veranderinge weer op die selfoon te stoor. Die belangrike eerste opsie is om Cybertracker op die selfoon oop te maak. As die Roofdierbestuur program besig is, druk die terug-knoppie van u selfoon tot die lysie met "Boerdery" wys. Druk daarop en hou u vinger, tot die opsie verskyn met die asdrommetjie bo. Kliek nou op die vuilgoeddrommetjie, en confirm dan dat u die ou Boerdery wil uitvee. Doen dit net nadat u reeds die data afgelaai het na die rekenaar (soos in punt 1. hierbo beskryf)! Dan volg u dieselfde stappies wat u gebruik het om CyberTracker die eerste keer op die foon te laai.

Teikens & doelwitte

  • Chavoux Luyt
  • Sel: 0813124789
  • Faks: 0864410093
  • E-pos: chavoux [by] gmail [punt] com
  • Posadres:
    Posbus 1755
    Otjiwarongo
    9000
    Namibië

Namibiese luiperd